KragDag 2025: Die selfstandigheid, wegbreek, landbou en energie-ekspo

 7–9 Augustus 2025 | Diamantvallei Landgoed, 20 km oos van Pretoria

KragDag 2025, Suid-Afrika se toonaangewende ekspo vir selfstandigheid en volhoubare oplossings, keer van 7 tot 9 Augustus terug na Diamantvallei Landgoed buite Pretoria. Met meer as 600 uitstallers en ’n besoekertal van oor die 34 000 mense in 2024, is KragDag ’n unieke platform waar gesinne, entrepreneurs en verskaffers mekaar jaarliks ontmoet vir “doen-jou-eie-ding”-leefstyl oplossings.

Wat oorspronklik as ’n energie-ekspo begin het, het intussen ontwikkel tot ’n veelvlakkige ervaring en jaarlikse hoogtepunt op die kalender. Die ekspo sluit verskeie temagebiede in: veiligheid, opvoedkunde, entrepreneurskap, buitelug kragtoerusting, wateropgaring en natuurlik steeds energie-oplossings. In vennootskap met Solidariteit Helpende Hand word ook ’n Kuns & Kou Mark aangebied – die ideale plek vir dames (en ander!) om te kom rondkyk en inkopies doen.

Nog ‘n hoogtepunt is die Landbou Sub-ekspo, aangebied in samewerking met TLU SA, met fokus op moderne landboutegnologie, implemente, vee en produksiepraktyke.

Die terrein beskik oor twee arenas waar demonstrasies, kompetisies en skoue plaasvind, asook twee biertuine met verhoë vir vermaak deur opkomende kunstenaars. Die gewilde Entrepreneuria Junior Entrepreneurs-kompetisie, aangebied saam met Fergusmor, verwelkom vanjaar sowat 50 jong deelnemers wat hul entrepreneursvaardighede slyp.

Die Kopskuif-ateljee bied weer vanjaar insiggewende besprekings oor aktuele en relevante onderwerpe – ‘n moet-ervaar vir enige vrydenkende besoeker.

Besoekers het ook die geleentheid om oor die drie dae saam op die terrein te kom kamp en die volle KragDag-ervaring te beleef. Bespreek jou standplaas of ingereigte tent sommer hier: https://www.kragdag.co.za/kamp/

Laai intussen die KragDag Toepassing af vir meer inligting oor uitstallers en om op hoogte te bly van die daaglikse programme.

Vanjaar se tema, “Bou ’n nalatenskap”, beklemtoon KragDag se verbintenis tot die oordra van waardes, vaardighede en vryheid aan toekomstige geslagte.

Met trotse ondersteuning van Sakeliga, Pretoria FM, Ontbytsake, NEASA, King Price, AP Akademie, City Gates en ATTSA Aquafer, is KragDag 2025 ’n geleentheid om nie te mis nie, vir almal wat belangstel in selfstandigheid, innovasie en ’n vryer toekoms.

Vir meer inligting, besoek: www.kragdag.co.za
Kontak: info@kragdag.co.za | 087 231 1644